Die afgelope naweek was ek en Bessie bevoorreg om ou vriende by ons aan huis te hê, en saam met ons in die kerk Sondag - Johannes en Charlotte Kelber, en hul dogter, Jeanne Hill en kleinseun, Martin Hill.
Ek en Johannes Kelber kom al baie jare saam. Johannes is een van daardie mense wat 'n hart het wat brand vir die evangelie. Vir meer as 50 jaar was hy in die bediening in die NG Kerk in Afrika, en het hy die evangelie aan die Twanas gebring. Sy passie om die liefde van Jesus met die Tswanas te deel is vandag nog net so 'n sigbaar as wat dit al die jare was, al moes hy uittree uit aktiewe bediening vanweë gesondheidsredes. Charlotte is 'n musiekonderwyseres en was baie jare orreliste in die kerk.
Jeanne was daar die nag amper sewe jaar gelede wat ek die eerste keer op Auckland Lughawe geland het. Ons het mekaar toe nog nooit ontmoet nie, maar haar breë glimlag het haar laat uitstaan uit die massa. Sy en haar man Justin het hul hart en huis vir my oopgemaak en na omtrent twee maande saam met hulle en hul pragtige kinders beskou ek myself as familie.
Een van die dinge wat die Kelbers graag doen, is om saam te sing tot eer van die Here. Sondag in die kerk het hulle vir ons Die Heiland is gebore gesing en 'n Tswanalied. Ek deel dit graag omdat dit vir ons so mooi was.
Ons het Sondag weer 'n lieflike diens gehad in New Plymouth. Die Here is regtig besig om iets moois te doen, en ons gee Hom al die eer! Jy kan na my boodskap luister en/of die hooftrekke lees by:
http://www.soveelmeer.org/worstelinge-met-die-wil-van-god-lesse-wat-josef-aardse-pa-van-jesus-ons-leer/
Hier is 'n kort aanhaling wat ek in die boodskap gebruik het:
Groete aan al my familie & vriende oral oor die wêreld! Onthou, ek hoor graag van jou. Bid vir ons dat die seën van die Here op ons rus, en laat weet as ek vir jou kan bid!
Francois Bredenkamp
taranakichristen@gmail.com
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking