Vandag sê
ek vir die Here Jesus baie dankie vir ons gemeente hier in New Plymouth. 4½ jaar
gelede het ons in Stratford begin met Afrikaanse dienste, waaruit ons gemeente
in New Plymouth ontstaan het. Vandag het ons ‘n pragtige stabiele gemeente, en ek
het die voorreg om my bediening in Afrikaans uit te leef hier in Nieu-Seeland. Wie sou kon dink! Ek is dankbaar vir elkeen wat so pragtig saam met my en
Bessie staan sodat ons gemeente ‘n verskil in die Afrikaanse gemeenskap kan maak. Vanoggend het ons weer ‘n lieflike diens gehad, en ek kon met
vrymoedigheid deel wat ek glo die Here op my hart gelê het. Die Here het vir
ons wonderlike mense bygevoeg so met verloop van tyd, en dis ‘n belewenis om as
gemeente elke week byeen te kom. Al die eer aan die Here vir Sy kerk.
Hier is ons treffende logo:
Groete uit New Plymouth, NZ
Francois Bredenkamp
NS Baie dankie vir al die mooi kommentaar op my blog. Onthou, daar is audiopreke en skakels na van my preke op YouTube beskikbaar by:
www.soveelmeer.org
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking