Vandag sê ek vir die Here Jesus baie dankie vir die voorreg
wat ek het om te lewe. Vir baie jare het ek dit as vanselfsprekend aanvaar.
Maar soos die jare aanstap, besef mens elke dag is ‘n groot geskenk uit die hand
van die Here, soos Jak. 4:15 (1983-vertaling) ons leer, “As die Here wil, sal ons
lewe en sal ons dit of dat doen...”
Dankie Here, dat u gewil het dat ek moet lewe. Help my nou om elke dag wat U my gee tot U eer te leef. Dankie vir drome wat ek kan najaag, en vir geleenthede om die drome waar te maak. Dankie vir die gesondheid wat ek het om dit te kan doen. Dankie vir geliefdes wat saam met my die pad loop, sommige van hulle is baie ver, ander weer baie naby. Dis die liefde in hulle harte wat die verskil maak, nie die kilometers tussen ons nie.
En so kom ek aan die einde van my 11 dae van dankbaarheid. Baie
dankie vir elkeen wat my geseën het op my verjaarsdag met goeie wense. Ek voel
sommer baie geliefd, en dis ‘n goeie begin vir my toekoms wat vandag begin.
Hou gerus hierdie blog dop vir inligting oor projekte
waarmee ek besig is. Ek praat binnekort oor die Engelse vertaling van Hoorsels
wat feitlik persklaar is, en dan oor die grootste projek wat ek nog aangepak
het in my lewe waarmee ek tans besig is....
Onthou my preke word gereeld gelaai op www.soveelmeer.org
Liefde aan almal van julle!
Francois Bredenkamp
taranakichristen@gmail.com
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking